Skip to content

OBK verwys Lanseria Internasionale Lughawe se Acupulco-saak na Spesiale Ondersoekeenheid

# Die Openbare Beleggingskorporasie se raadsvoorsitter, adjunkminister van Finansies David Masondo, gaan die saak oor die Acupulco-beleggingsooreenkoms na die Spesiale Ondersoekeenheid verwys. Dit volg na ʼn regsoorsig van PwC se forensiese ondersoek na die transaksie. Die OBK het in 2013 sowat 333-miljoen-rand se befondsing aan Acapulco beskikbaar gestel om ʼn 25-persent aandeel in Lanseria Internasionale Lughawe te bekom. Acapulco het egter nie terugbetalings volgehou nie, wat tot skuld van sowat 630-miljoen-rand gelei het. Die korporasie sê die verwysing is ooreenkomstig Masondo se verbintenis tot aanspreekliheid, gevolgebestuur en die herwinning van staatsgeld waar dit wetlik regverdigbaar is.