# Die Nasionale Vervolgingsgesag het appèl aangeteken in die Landdroshof in Randburg, Gauteng, ná die besluit om borgtog toe te staan aan 12 Weermag-soldate wat beskuldig word van die moord op ‘n ondersoeker van die Valke, Frans Mathipa. Die soldate is borgtog van tien-duisend-rand elk toegestaan. Woordvoerder Phindi Mjonondwane sê die NVG wag op die hoftranskripsie voordat hulle by die Hooggeregshof aansoek doen. Die saak is tot 17 September uitgestel.
NVG wil na Hooggeregshof appelleer teen borgtog vir 12 SANW-moordbeskuldigdes