# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die moordaanklag teen Mduduzi Trevor Mnisi teruggetrek wat verdink is van die moord op die Johannesburgse tiener Likhona Fose. Dit volg omdat nuwe bewyse aandui dat hy nie die laaste persoon is wat saam met die 14-jarige meisie gesien is nie. Haar verminkte liggaam is in die veld naby haar huis in Durban Deep gevind. Phindi Mjonondwane van die NVG sê selfoonrekords dui aan dat Mnisi die dag van die moord in Daveyton was en sy alibi is later bevestig terwyl bykomende verklarings van getuies sy bewerings ondersteun het:
NVG trek aanklag teen Mduduzi Mnisi in Likhona Fose-moordsaak terug [KLANK]
ENG-MjonondwaneOnMnisi