# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die aanklagte teen die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, en die gewese adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, is baie ernstig. Die twee is gister in die Pretoriase landdroshof borgtog van tien-duisend-rand elk toegestaan. Een van die ernstigste bewerings is ʼn aanrading- en intimidasie-aanklag in 2018 waarby Khan betrokke is. Die NVG-woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê Johnson, het na bewering sonder toestemming inligting aan Khan bekendgemaak, en albei se doel was om vervolging teen Khan te keer:
NVG sê saak teen Johnson en Khan is baie ernstig [KLANK]
ENG KganyagoOnCase