# Die Nasionale Vervolgingsgesag het, deur sy Eenheid vir Batebeslaglegging in Mpumalanga, ‘n voorlopige bevel verkry om bates met ‘n geraamde waarde van 99-miljoen-rand in bewaring te plaas. Die bates word verbind aan die sakeman Joe Sibanyoni en ander. Die bevel is gister deur die Hooggeregshof in Mpumalanga in Middelburg, toegestaan. Die bates sluit in eiendomme in Centurion en Pretoria, luukse voertuie, bankrekeninge en beleggings. Die bevel volg op polisieondersoeke na beweerde afpersing en verwante misdrywe. Die NVG sê die doel van die bevel is om te verhoed opbrengste uit misdaad word verkwis.
NVG kry bewaringsbevel vir bates ter waarde van R99-miljoen in die Joe Sibanyoni-saak