Skip to content

NVG gaan appelleer teen Timothy Omotoso se onskuldigbevinding [KLANK]

# Die Nasionale Vervolgingsgesag se direkteur van Openbare Vervolging in die Oos-Kaap, Barry Madolo, het besluit om te appelleer teen die onskuldigbevinding van die omstrede Nigeriese tele-evangelis, Timothy Omotoso, en sy medebeskuldigdes. Omotoso, Lusanda Solani en Zukiswa Sitho is verlede maand vrygespreek op 32 aanklagte wat verkragting, afpersing en mensehandel insluit. Die NVG se woordvoerder, Mthunzi Mhaga, het aan die SABC gesê daar is ʼn redelike moontlikheid dat die appèl sal slaag ten spyte van ‘n ingewikkelde regsproses:

ENG MhagaOnAppeal