# Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan nou die Appèlhof nader na sy aansoek vir uitklaring oor die vryspraak van die televisievangelis, Timothy Omotoso, van die hand gewys is. Omotoso en twee medebeskuldigdes is vrygespreek op 32 ernstige aanklagte insluitende verkragting en mensehandel. Die Hooggeregshof in Gqeberha het beslis die Staat moet eers ’n appèl indien. Die nasionale woordvoerder van die NVG, Mthunzi Mhaga, het aan Newzroom Afrika gesê regter Irma Schoeman het in haar uitspraak die gemene reg verkeerd vertolk:
NVG gaan Appèlhof nader nadat aansoek vir uitklaring in Omotoso-saak van die hand gewys is [KLANK]
ENG-MhagaOnAppeal