Skip to content

NVG bevries geskorste regter Phahlane se eiendom van R6,5-miljoen

# Die Nasionale Vervolgingsgesag het ‘n bewaringsbevel verkry vir ‘n luukse huis in Noordwes wat aan die geskorste regter Portia Phahlane van die Hooggeregshof in Pretoria behoort. Die eiendom van 6,5-miljoen-rand is geleë in die Xanadu Eco-landgoed in Hartbeespoort. Die Batebeslagleggingseenheid beweer dis aangekoop met opbrengste van korrupsie wat verband hou met die opvolg-geskil binne die International Pentecost Holiness Church. Phahlane, haar seun Kagiso, die kerk­leier Mike Sandlana en woordvoerder Vusi Ndala staan tereg op aanklagte van onder meer korrupsie en geldwassery. Sy is uit op borgtog van 50-duisend-rand.