Skip to content

NVG beveel om beslag te lê op bates van R32-miljoen in asbes-korrupsieskema [KLANK]

# Die Hooggeregshof in Bloemfontein het die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid opdrag gegee om beslag te lê op bates van die beskuldigdes in die asbeskorrupsiesaak wat met staatskaping verbind word. Die bates se waarde is 32-miloen-rand. Die NVG-woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê hulle glo die bates is bekom met die opbrengs van onwettige aktiwiteite soos diefstal, bedrog, korrupsie en geldwassery by die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings. Hy sê die betrokke persone het 14 dae tyd om die bevel teen te staan of te aanvaar:

ENG MhagaOnAssets