# ‘n Nuwe studie wat die Universiteit Stellenbosch gedoen het oor onderwysersvoorkeure en werkstevredenheid in Suid-Afrika, toon hoë stresvlakke omdat leerkragte oorwerk is, oorweldig is deur administratiewe pligte en ‘n gebrek aan ondersteuning vir geestesgesondheid. Die opname, wat deur Allan en Gill Gray Philanthropies en die FEM Education Foundation ondersteun word, toon 50-persent van die een-duisend-500 onderwysers beplan om die beroep binne tien jaar te verlaat. Die verslag beklemtoon die behoefte aan ondersteuning vir geestesgesondheid, minder papierwerk en aansporings vir plattelandse onderwysers om uitbranding hok te slaan en onderwysers te behou.
Nuwe studie onthul uitbranding en stres by onderwysers in Suid-Afrika