# Die regering het die aanstelling van die Reguleringsraad goedgekeur om toesig te hou oor die Vervoer-ekonomiese Reguleerder. Die raad sal regulatoriese beginsels oor hawens, spoor, pad en lugvaart in ooreenstemming bring om billike pryse en beter diens te verseker. Kerntake sluit in die versterking van mededinging, verbruiker-beskerming, die lok van beleggings en die verskuiwing van goedere van paaie na spoorlyne. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dis bedoel om vervoerkostes te verlaag, veiligheid te verbeter en werk te skep:
Nuwe Reguleringsraad goedgekeur om toesig te hou oor hervorming van vervoersektor [KLANK]
ENG-NtshavheniOnRegulatorBoard