# ‘n Versameling goue skatte en artefakte wat die daaglikse lewe in antieke Egipte uitbeeld, sal in die nuwe museum in Kaïro uitgestal word. Die Groot Egiptiese Museum is langs die piramides en sal met 50-duisend artefakte die wêreld se grootste versameling uit ‘n enkele beskawing wees. Die museum se 12 hoofgalerye bevat voorwerpe wat van die prehistoriese tot die Romynse tydperk strek. Twee sale word net gebruik vir die 5-duisend kunsvoorwerpe uit die versameling van Koning Tutankhamun. Dit word vir die eerste keer sedert die ontdekking daarvan in 1922 volledig uitgestal.
Nuwe Egiptiese Museum sal volledige Tutankhamun-versameling eerste keer wys