Skip to content

Nuwe beeldmateriaal gooi koue water op IDT-hoof se ontkenning van haar rol in R60 000 omkoopgeld voorval

# Daily Maverick het nuwe beeldmateriaal vrygestel van die joernalis Pieter-Louis Myburgh se berugte ontmoeting met die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka. Sy het teenoor eNCA haar rol in die beweerde omkopery van 60-duisend-rand ontken en beweer dit was ‘n lokval. Malaka hou vol sy het nie die ontmoeting aangevra nie en plaas die skuld op die trust se woordvoerder, Phasha Makgolane. Daily Maverick sê in die nuwe beeldmateriaal bespreek Malaka die omkoop-bedrag en winsgewende tenders in ruil vir Myburgh se stilswye.