# Die Metaalwerkersvakbond NUMSA het ‘n nuwe vyfjaar-loonooreenkoms met South32 Hillside Aluminium verwelkom. Die ooreenkoms maak voorsiening vir jaarlikse verhogings tot 2030, van 5,5- tot ses-persent afhangende van die onderskeie poskategorieë. Dit is meer as die huidige inflasiekoers van 3,3-persent. Werkers sal ook jaarlikse erosievoordele vir mediese fondse en ‘n eenmalige ondertekeningsbonus van 20-duisend-rand ontvang. Phakamile Hlubi-Majola van NUMSA sê die ooreenkoms verseker verbeterde lewensbestaan vir lede en hul gesinne:
NUMSA verseker vyfjaar- bo-inflasie-loonooreenkoms met South32 Hillside Aluminium [KLANK]
ENG-Hlubi-MajolaOnSouth32