Skip to content

Numsa onbewus van moontlike afleggings by Denel [KLANK]

# Die metaalwerkersvakbond NUMSA sê hy is nie bewus van moontlike afleggings by Denel as deel van die staatsinstelling se omkeerstrategie nie. Denel se uitvoerende hoof, Tshepo Monaheng, het verlede week aan die Parlement gesê die instelling bly onder druk weens skuld en oorweeg afleggings en die verkoop van sekere bates om sy kontantreserwes aan te vul. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Denel moet met die betrokke partye beraadslaag voor hy enige aankondigings oor werksverliese maak:

ENG MajolaonRetrenchments