# Die NUM, wat 15-duisend Eskom-werknemers verteenwoordig, eis in die aanloop tot die komende salarisonderhandelings, ‘n loonverhoging van tot 15-persent, meer as vier keer meer as die inflasiekoers. Dit volg ná Eskom se eerste wins in agt jaar en die stabilisering van die kragnetwerk. NUM is gekant teen Eskom se plan om vakbond-erkenning oor ontbondelde entiteite te desentraliseer en waarsku dit kan gesamentlike bedinging verswak. Die huidige loonooreenkomste verstryk in Junie 2026.
NUM eis loonverhoging van tot 15% voor Eskom-gesprekke