# Die Nasionale Seereddingsintituut sê verdrinking bly een van die vernaamste oorsake van kindersterftes in die wêreld, met 236-duisend lewens wat jaarliks verlore gaan. Met die viering van wêreld-verdrinkingsvoorkomingsdag, vra die instituut vir meer bewustheid en optrede om die tragedies te vermy. Die woordvoerder van die NSRI, Andrew Ingram, sê die instituut het alreeds meer as vyf-miljoen mense met waterveiligheidsopleiding gehelp en meer as een-duisend-800 pienk reddingsboeie ontplooi, en minstens 221 lewens gered: