Skip to content

Noorweë beplan verbod op gebruik van sosiale media deur kinders onder 16

# Noorweë gaan die einde van die jaar ‘n wetsontwerp indien om kinders onder 16 te verbied om sosiale media te gebruik, wat tegnologie-maatskappye verantwoordelik sal maak vir ouderdoms-bevestiging. Verskeie Europese lande probeer om kinders se gebruik van sosiale media te beperk. Australië het in Desember die eerste land geword om ‘n verbod te plaas vir kinders onder 16. Dit dek toepassings soos Instagram, Facebook, TikTok, Snapchat, YouTube en X. Die Noorse premier, Jonas Gahr Stoere, sê kinders se alledaagse lewe moet nie oorgeneem word deur algoritmes en skerms nie.