Skip to content

Noord-Kaap stel InvestSA-eenstopwinkel bekend

# Die Minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die bekendstelling van die InvestSA-eenstopwinkel in die Noord-Kaap is daarop gemik om rompslomp te verminder en dit makliker te maak vir beleggers om sake te doen. Die bekendstelling vind saam met die provinsiale Beleggingskonferensie plaas wat vandag begin het. Die platform sal dien as ‘n sentrale toegangspoort vir beleggingsondersteuning, met verskeie belanghebbendes wat vergader om prosesse te stroomlyn en binnelandse en buitelandse belegging in die provinsie ‘n hupstoot te gee.