# Die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, sê die Konferensie vir Beleggings- en Werksgeleenthede wat in Kimberley aan die gang is, is daarop gemik om industrialisering, ekonomiese groei en werkskepping te bevorder. Saul het bevestig die provinsie teiken ‘n bruto binnelandse produk van 200-miljard rand en 60-duisend werksgeleenthede teen 2030, met die streek wat groot geleenthede in mynbou, hernubare energie, landbou en infrastruktuur bied. Intussen sê die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Venus Blennies-Magage, die provinsie is goed geplaas as Suid-Afrika se volgende beleggingsfront wat fokus op die ontsluiting van grootskaalse projekte om volhoubare ekonomiese ontwikkeling te bevorder.
Noord-Kaap posisioneer hom as SA se nuwe beleggingsfront