Skip to content

Noodtoestand weens veldbrande in Noord- en Suid-Carolina afgekondig

# ʼn Noodtoestand is in Noord- en Suid-Carolina in Amerika afgekondig om meer as 100 veldbrande te midde van droë toestande en sterk wind te bestry. Duisende inwoners moes hul huise ontruim terwyl een van die grootste veldbrande in die Carolina-woud naby Myrtle Beach woed. Suid-Carolina se goewerneur, Henry McMaster, sê die noodtoestand sal nooddienswerkers in staat stel om vinnig enige hulpbronne in die hande te kry wat nodig is om die veldbrande te beveg.