# Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het sy ondersteuning aan ondernemings in swart besit bevestig na bewerings oor sy uitleen-praktyke. Die uitvoerende hoof, Mmakgoshi Lekhethe, het by ‘n media-inligtingsessie gesê sowat 60-persent van sy befondsingsportefeulje is swart ondernemings. Die instelling gee toe dat sommige maatskappye probleme ondervind, maar sê geïsoleerde gevalle moenie veralgemeen word nie. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die korporasie ontwikkel tans om nywerheidsgroei, vennootskappe en werkskepping in belangrike sektore te bevorder.
NOK verdedig hervormingsrekord te midde van ondersoek oor lenings