Skip to content

Nog tien SANW-soldate in hegtenis geneem oor moord op Valke-offisier

# Nog tien lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n offisier van die Valke, Frans Mathipa. Altesaam 12 mense is nou aangekeer. Die betrokke tien lede het hulself oorgegee aan die Valke in Johannesburg en sal binnekort in die Landdroshof in Randburg verskyn. Mathipa is in Augustus verlede jaar op die N1 naby Hammanskraal in Pretoria doodgeskiet. Hy het ondersoek ingestel na die beweerde ontvoering van ‘n vermeende leier van Islamitiese Staat, Abdella Abadiga.