Skip to content

Nkhwashu sê aan Madlanga-kommissie hy het pogings verwerp om Michael Pule Tau-borgtogverhoor te bëinvloed [KLANK]

# Die geskorsde adjunk- polisiekommissaris van die Sedibeng-distrik, Abraham Nkhwashu, het bewerings ontken dat hy ingemeng het in die borgtogverrigtinge van polisiebeampte, Michael Pule Tau. Nkhwashu het voor die Madlanga-kommissie in Pretoria getuig en gesê hy is genader deur die vermeende misdaadkartelbaas Katiso “KT” Molefe, wat na bewering probeer het om hom te oorreed om te help om borgtog vir Tau te bekom. Hy het ook bewerings ontken dat hy sy nommerplate verwyder het toe hy Molefe in die tronk besoek het:

ENG NkhwashuOnClaims