Skip to content

Nieu-Seeland staak oprigting van standbeeld vir Tweede Wêreldoorlog-seksslawe ná besware deur Japan

# Planne is verwerp om ‘n standbeeld in ‘n openbare tuin in Auckland, Nieu-Seeland, op te rig wat die sogenaamde troosvroue simboliseer wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur Japan tot seksuele slawerny gedwing is. Die Japannese ambassade het gewaarsku die oprigting van die bronsbeeld van ‘n meisie wat langs ‘n leë stoel sit, kan diplomatieke betrekkinge tussen die twee lande aansienlik beïnvloed. Meer as 200-duisend vroue en meisies, hoofsaaklik uit Korea, is tydens die oorlog tot prostitusie gedwing om Japannese soldate te dien.