# Suid-Afrika is vandag en môre gasheer vir die 17de Afrika-streeksronde van die Manfred Lachs Ruimtereg skyn-hofkompetisie in Pretoria. Die kompetisie se tema is – Empowering Africa’s future in Space Governance for Sustainable Space Activities. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging sestreekverteenwoordiger in Afrika vir die kompetisie, Nomfuneko Majaja, sê die beste jong regsdenkers […]
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kunsmatige Intelligensie en die Wes-Kaapse Regering het ‘n nuwe provinsiale kunsmatige intelligensie-groepering gevestig om die KI-sektor in die provinsie te laat groei. Die inisiatief sal fokus op die beleid, bestuur en infrastruktuur van KI, en is daarop gemik om innovering te versterk, beleggings te lok en werksgeleenthede oor die volgende […]
# COSATU in Gauteng is diep bekommerd en verontwaardig oor die Openbare Beskermer se bevindings dat die Departemente van Gesondheid en Infrastruktuurontwikkeling herstelwerk aan die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal onnodig vertraag het ná ‘n verwoestende brand in April 2021. COSATU se voorsitter, Amos Monyela, sê openbare instellings wat toevertrou word met die beskerming van […]
# Die Stad Kaapstad vra die Ministerie van Polisie om die voortdurende mislukking van die strafregstelsel aan te spreek, veral rakende skuldigbevindings vir onwettige en verbode vuurwapens wat deur stadswetstoepassers gekonfiskeer word. Die stad het tussen Januarie 2023 en Maart 2026 een-duisend-763 sake wat verband hou met onwettige vuurwapens en ammunisie aangeteken. Die burgemeesterskomiteelid vir […]
# Die Stad Kaapstad sê MyCiTi-tariewe sal in alle waarskynlikhied van Julie af styg weens die hoë dieselprys. Die stad het sedert Maart vanjaar dieselprysverhogings namens MyCiTi-pendelaars gedra en sal dit nog tot Junie doen. Die burgemeesterskomiteelid vir Mobiliteit, Rob Quintas, sê sodra die nasionale regering die dieselprys in Junie bevestig, sal hulle pendelaars die […]
# Die DA oorweeg sy benadering om die Mededingingswet te wysig om anti-mededingende eksklusiewe ooreenkomste in kleinhandel aan te pak. Die party sê ‘n geskil tussen Woolworths en die visverskaffer Grey’s Marine het die klein onderneming gedwing om te sluit nadat hy langer as 30 jaar Woolworths se verskaffer was. Die DA-lid, Toby Chance, sê […]
# Die Vryheidsfront Plus in Johannesburg het die burgemeester, Dada Morero, gewaarsku die metro se groeiende finansiële las en verbrokkelende infrastruktuur belemmer inwoners en belastingbetalers se dienslewering. Die party sê die metro het 72-miljard-rand in uitstaande skuld en ‘n skokkende agterstand van 220-miljard-rand in infrastruktuur-instandhouding. Franco de Lange van die VF Plus sê die Raad […]
# Eskom sê die kragstelsel toon steeds verbeterde veerkragtigheid al kom die winter nader. Daar was tot dusver geen kragonderbrekings in die huidige boekjaar nie. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê Eskom voeg vandag meer as drie-duisend megawatt opwekkingskapasiteit by die nasionale netwerk om bestendige kragvoorsiening te versterk voor die weeklikse piek-aanvraag-tye:
# Die Vereniging van Staatsamptenare doen ‘n beroep op die regering om dringend aandag te skenk aan die gebrek aan water en sanitasie in gemeenskappe, want dit ondermyn waardigheid en dienslewering. Afrikadag word vandag gevier met die Afrika-Unie se tema, Assuring Sustainable Water Availability and Safe Sanitation Systems to Achieve the Goals of Agenda 2063. […]