# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het aangekondig dat ses spelers wat Bafana Bafana se finale 2026 FIFA Wêreldbeker-groep net-net gemis het, na Mexiko sal reis vir die span se openingswedstryd. Die reis word befonds deur die Suid-Afrikaanse handelsmerk Old School en sal reis- en verblyfkoste dek. McKenzie sê die […]
# ‘n Ondersoekende verslag deur News24 het aan die lig gebring dat sakeman Ze Nxumalo na bewering ‘n privaat straler van 3,5-miljoen-rand gefinansier het wat in 2022 deur die voormalige Ekurhuleni-stadsbestuurder Imogen Mashazi gebruik is vir ‘n driedaagse inkopie-uitstappie na Londen. Volgens berigte was daar betalings wat verbind word met maatskappye wat winsgewende munisipale kontrakte […]
# Rugby: Die Blitsbokke is deur na die eindstryd van die Wêreldsewestoernooi in Valladolid in Spanje nadat hulle Argentinië in ‘n opwindende halfeindstryd met 19-7 geklop het. Hulle sal nou later vanmiddag teen Australië in die eindstryd te staan kom. Suid-Afrika het Vrydag hul veldtog begin deur Brittanje met 17-12 te klop, maar is 24-14 […]
# Rugby: The Blitzboks made it to the finals of the World Sevens tournament at Valladolid in Spain by beating Argentina in a thrilling semi-final encounter by 19 -7. They will now meet Australia in the finals later this afternoon. South Africa started their campaign on Friday by beating Britain by 17-12, then got beaten […]
# Sokker: Bafana Bafana-legende Mark Williams sê die nasionale sokkerspan het die talent en mentaliteit om Suid-Afrika trots te maak by die 2026 FIFA Wêreldbeker-toernooi. Suid-Afrika is na ‘n afwesigheid van 16 jaar weer terug in die toernooi. Williams, wat die held van Bafana se historiese 1996 Afrikabeker-triomf was, het die groep aangespoor om gefokus […]
# Die appèlliggaam van die National Freedom Party het die uitsetting van die KwaZulu-Natalse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling en die party se provinsiale voorsitter, Mbali Shinga, gehandhaaf. Die paneel het haar beswaar teen bevindinge van growwe ongehoorsaamheid en wangedrag van die hand gewys, rakende besluit om ‘n partyopdrag tydens ‘n mosie van wantroue teen premier […]
# DA se burgemeesterskandidaat vir Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, vra vir ‘n einde aan wetteloosheid, korrupsie en misdaad in die metro en sê inwoners verdien veilige gemeenskappe en betroubare dienste. Rasilingwane het tydens die DA se bekendstelling van kieserregistrasie gesê Ekurhuleni se wetstoepassingstrukture moet versterk word om openbare vertroue te herstel en veiligheid te verbeter. Sy […]
# Die president van die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika, Kgosi Mokoena, het ‘n beroep gedoen op betekenisvolle ekonomiese insluiting en groter voordele vir gemeenskappe wat naby bewaringsgebiede woon. Mokoena het in ‘n onderhoud met SABC News tydens die 100ste herdenkingsvieringe van die Krugerwildtuin gesê omliggende gemeenskappe moet deel in die ekonomiese geleenthede wat […]
# Die leier van die PAC, Mzwanele Nyhontso, sê immigrasie moenie die skuld kry vir Suid-Afrika se voortdurende uitdagings, insluitend die werkloosheidskrisis nie. Die party het tydens sy Afrika-maand-viering ‘n nuwe tak in Centane, Oos-Kaap geopen. Nyhontso sê werkloosheid word hoofsaaklik gedryf deur ekonomiese uitdagings en ‘n gebrek aan geleenthede eerder as die teenwoordigheid van […]