# Die Forum for South Africa verwelkom die gesamentlike werkswinkel tussen die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en universiteite om uitdagings te bespreek wat die Funza Lushaka Onderwysersbeursprogram raak. Die skema het 222,6-miljoen-rand aan ses universiteite onder die program betaal en dek byna drieduisend studente wie se toelaes vertraag is. NSFAS sê ‘n beduidende aantal […]
# Die DA in Ekurhuleni sê dit is onaanvaarbaar en skandalig dat die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, 1,2-miljoen-rand verdien terwyl hy in ‘n sel sit en wag op strafregtelike klagtes teen hom. Khathutshelo Rasilingwane van die party sê die provinsiale LUR vir Infrastruktuurontwikkeling en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo het […]
# Die polisie in Limpopo het in ‘n week op ‘n wye reeks nagemaakte en onwettige produkte ter waarde van 351,9-miljoen-rand regoor die provinsie beslag gelê tydens twee gelyktydige hoëdigtheidsoperasies. Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê die operasies het gelei tot die inhegtenisneming van 43 verdagtes tussen 30 en 45 jaar vir verskeie oortredings. Hy sê onder […]
# Die vakbondfederasie, SAFTU, is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sistematies ondergrawe is deur jare van onderbefondsing, besuinigings, verswakte infrastruktuur, verouderde toerusting en onvoldoende belegging in operasionele vermoë. Asive Dyani van SAFTU sê die regering het jare lank meer verantwoordelikhede vir die Weermag gegee terwyl hy nagelaat het om hulpbronne te verskaf wat ooreenstem […]
# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane sê verskeie aankoop-transaksies in die Metro se 2025/26 jaarverslag met betrekking tot die 2026 Stadsrede moet verder ondersoek word. Volgens die verslag is Roadshow Marketing, ‘n maatskappy wat besit word deur Arthur Mafokate, ‘n kontrak van ongeveer 562-duisend-rand toegeken vir die bevordering van die geleentheid. Mark Surgeon van die […]
# The Freedom Front Plus in Tshwane says several procurement items in the Metro’s 2025/26 annual report relating to the 2026 State of the City Address warrant closer public inspection. According to the report, Roadshow Marketing, a company owned by Arthur Mafokate, was awarded a contract of approximately 562-thousand-rand for promoting the event. The party’s […]
# Rugby: Australië het ‘n oorwinning van 27-21 oor Argentinië in die eerste toets van hul reeks van twee wedstryde in Jujuy behaal. Die Wallabies het vroeg met 12-0 voorgeloop en was met rustyd 22-14 voor, voordat die Pumas sterk teruggeveg het. Australië het hul voorsprong met ‘n vierde drie vergroot en toe laat in […]
# Koning Haakon die Agtste het hulde gebring aan sy “liewe vader”, koning Harald die Vyfde, in sy eerste toespraak as Noorweë se nuwe heerser. Haakon het sy vader beskryf as ‘n warm gesinsman en hervormer en sy toewyding aan insluiting en deernis geprys. Tienduisende rouklaers het by die koninklike paleis in Oslo vergader, waar […]
# Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die verlenging van die registrasiedatum vir rooivleisuitvoere is van kritieke belang vir internasionale markte. Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het ‘n verlenging van die registrasiedatum tot 31 Desember 2026 aangekondig vir plase en voerkrale wat rooivleis aan die Verenigde Arabiese Emirate lewer. Bennie van Zyl van TLU SA […]