# Die Wes-Kaapse regering het die onlangse xenofobiese geweld en intimidasie teen buitelandse burgers sterk veroordeel. Hy glo die aanvalle is onwettig, ondermyn openbare veiligheid en bedreig ekonomiese bestendigheid. Bemiddelaars is ontplooi om spanning te verlig en om verdere onluste te voorkom. Inwoners word aangespoor om geweld te verwerp en immigrasie-kwessies deur wettige kanale aan […]
# Voorsorgmaatreëls word getref in die Tuinroete Nasionale Park in die Wes-Kaap. Dit volg na ‘n oranje vlak agt-waarskuwing deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens. Die woordvoerder van SANParke, JP Louw, sê alle stap- en wateraktiwiteite is opgeskort in gebiede soos onder meer Tsitsikamma, Wildernis, Knysna en Harkerville weens risiko’s soos sterk wind, onbestendige bome en versadigde […]
# ActionSA verwelkom die besluit van die Parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge om strafregtelike klagtes teen die voormalige uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, in te dien, omdat hy geweier het om voor die komitee te verskyn. Alan Beesley van die party sê die stap bevestig geen openbare amptenaar is bo die wet […]
# Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika se nywerheidsmededingendheid verswak steeds. Dit volg nadat nuwe bevindinge deur die Afrika-Ontwikkelingsbank toon Marokko het Suid-Afrika verlede jaar as Afrika se mees geïndustrialiseerde ekonomie verbygesteek. Die party blameer probleme soos kragonderbrekings, korrupsie, beleidsonsekerheid en swak ekonomiese bestuur vir die afname in vervaardiging en belegging. Jaco Mulder van die party […]
# Sokker: Die Spaanse owerhede het ‘n beplande internasionale vriendskaplike wedstryd in Spanje tussen die Demokratiese Republiek die Kongo en Chili gekanselleer weens kommer oor die Ebola-uitbraak in die DRK. Die wedstryd sou Dinsdag plaasvind as deel van die spanne se voorbereidings vir die Wêreldbeker-toernooi in Noord-Amerika. Plaaslike amptenare sê die besluit is as ‘n […]
# President Cyril Ramaphosa sê regeringshervormings begin vrugte dra, insluitend vordering in die vermindering van beurtkrag en die verbetering van belangrike infrastruktuur. Ramaphosa het tydens die debat oor die Presidensie se begrotingsrede in die Nasionale Vergadering aan lede van die Parlement gesê hernubare energie neem toe en nuwe beleggings in kragopwekking help om elektrisiteitsvoorsiening bestendig […]
# Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid veroordeel die wrede moord op ‘n polisiebeampte wat van diens was en ‘n burgerlike van Tsakane, Ekurhuleni. Bandile Masuku van die komitee beskryf die moorde as skokkend en onaanvaarbaar, en vra vinnige inhegtenisnemings en beslissende polisie-optrede. Hy sê die voorval beklemtoon die voortdurende uitdaging van geweldsmisdaad in […]
# Die bevelvoerder van die Valke in KwaZulu-Natal, Gavin Jacob, het voor die Madlanga-kommissie gesê ‘n laboratoriumagterstand het die ondersoek na die 541 kilogram kokaïenbeslaglegging in Port Shepstone vertraag. Jacob het gesê hy het verskeie pogings aangewend om forensiese ontleding van die dwelms te bespoedig nadat kommer uitgespreek is oor sekuriteit by die bergingsfasiliteit. Hy […]
# Die bevelvoerder van die Valke in KwaZulu-Natal, Gavin Jacob, het enige betrokkenheid ontken by die diefstal van dwelms wat verband hou met die 541-kilogram kokaïenbeslaglegging in Port Shepstone. Jacob het voor die Madlanga-kommissie getuig hy was onbewus van sekuriteitsprobleme by die gebou voordat die voorval in November 2021 aangemeld is. In reaksie op kommissaris […]