# Sokker: Die wêreldbeheerliggaam, FIFA het toeskouers om veiligheidsredes verbied om herbruikbare waterbottels na Wêreldbeker-wedstryde te neem. Bekers, flesse en blikkies is ook verbode. FIFA sê dit is om die risiko te verminder dat ondersteuners missiele op die speelveld gooi. Hy sê die besluit is geneem vir die beskerming van die welstand van spelers, skeidsregters, […]
# Die DA sê die Gesondheidsombud asook Wits Universiteit moet dringend ingryp om behoorlike bestuur en aanspreeklikheid by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal af te dwing. Die party het kommer uitgespreek oor die afloop van hartoperasies by die hospitaal, en wys op hoë sterfte- en komplikasiesyfers, asook beweerde bestuurs- en opleidingsmislukkings in die kardiotorakale […]
# Die Gautengse Departement van Gemeenskapsveiligheid is erg bekommerd oor die inhegtenisneming van twee verkeersbeamptes wat van afpersing en korrupsie in Benoni beskuldig word. Daar word beweer hulle het hul diensposte verlaat , ‘n voertuig met vals nommerplate gebruik en vier-duisend-rand van ‘n huiswerker geëis om inhegtenisneming te vermy. Ofentse Morwane van die departement sê […]
# AfriForum het die Stad Tshwane gewaarsku dat hulle ‘n saak van minagting van die hof aanhangig gaan maak indien skole se elektrisiteit steeds afgesny weens onbetaalde eiendomsbelasting. ‘n Hofbevel wat verlede maand uitgereik is, verbied die munisipaliteit om krag na skole af te sny. Alana Bailey van AfriForum sê nog ‘n skool is hierdie […]
# Owerhede in Beijing en Hongkong het verhoogde sekuriteitsmaatreëls ingestel terwyl China die 37ste herdenking van die onderdrukking van die Tiananmen-plein. Die betogings is aanvanklik aangevuur deur die dood van ‘n pro-hervormingsleier, maar studente het hul eise uitgebrei om die vryheid van spraak en media, demokratiese hervormings en ‘n einde aan regeringskorrupsie in te sluit. […]
# Die Keniaanse president William Ruto het ‘n beroep gedoen vir dieper ekonomiese samewerking met Suid-Afrika te midde van wêreldwye ekonomiese onsekerheid en ‘n verswakking in samewerking tussen lande. Ruto het tydens sy staatsbesoek aan Suid-Afrika gesê die twee lande, as belangrike streeksekonomieë, het beduidende geleenthede om handel, belegging en nywerheidsontwikkeling uit te brei. Hy […]
# Die eenheidsbevelvoerder van die Valke in KwaZulu-Natal, Gavin Jacob het aan die Madlanga-kommissie gesê hy het ‘n opdrag aanvaar om ‘n groot beslaglegging van dwelms by die Valke-kantore in Port Shepstone te stoor omdat hy geglo het die fasiliteit was veilig. In reaksie op bewysleier Mahlape Sello se vrae, het Jacob gesê Brigadier Msizi […]
# AfriForum sê die regering swyg steeds oor landelike geweld, al is daar tien plaasaanvalle in Mei aangemeld. Die organisasie sê ook die aanvalle was uiters gewelddadig, met slagoffers wat aangerand, vasgebind en in sekere gevalle geskiet is, insluitend plaaswerkers in Limpopo. Ander voorvalle is in Delmas in Mpumalanga, Stellenbosch in die Wes-Kaap, en De […]
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het ingegryp om te help om die aflegging van meer as 22-duisend werkers by Pick n Pay te verhoed. Dit volg ná ‘n vergadering tussen die onderneming, vakbonde en die regering. Die kleinhandelreus het verlede maand ‘n Artikel 189-kennisgewing uitgereik, wat gelei het tot raadplegings oor […]