# AfriForum is sterk gekant die Stad Tshwane se nuwe skoonmaakheffing en bestempel dit as dubbele belasting. Die munisipaliteit het ‘n maandelikse heffing van sowat 200-rand goedgekeur vir eiendomme wat nie hul vullisverwyderingsdiens gebruik nie. Die organisasie sê inwoners wat weens swak munisipale diens eerder privaat verwydering gekies het, word nou op ‘n onregverdige manier […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê korrupsie duur voort weens politieke onwilligheid en sistemiese geheimhouding in regeringsinstellings. OUTA glo Suid-Afrika verswak aanhoudend, met dienslewering wat ineenstort, toenemende ongelykheid en geen stappe teen korrupsie nie. Die organisasie sê die staat het versuim om die Staatskapingskommissie se bevindings te implementeer en diegene wat by korrupsie betrek word, […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het hernude handelsspanning met China geopper en voer aan Beijing het ‘n ooreenkoms geskend om tariewe te de-eskaleer, op ‘n tydstip dat onderhandelings klaarblyklik ‘n dooiepunt bereik het. Trump se plasing op sy Truth Social-platform volg ure na die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent, gesê het handelsgesprekke met […]
# Rugby: Embrose Papier is gekies as skrumskakel vir die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Edinburgh môre op Loftus in Pretoria. Keagan Johannes begin as sy skakelmaat met Willie le Roux as heelagter. Kaptein Ruan Nortjé is weer in die nommer sewe-trui. Canan Moodie sal op die regtervleuel wees. Direkteur van Rugby, Jake White, […]
# Nelson Mandela se lyfwag en voormalige hoof van die anti-bende-eenheid, André Lincoln, is op 63-jarige ouderdom oorlede. Lincoln het byna 40 jaar in die polisie gedien en belangrike veldtogte op die Kaapse Vlakte gelei. Hy het ook in 1996 as die hoof van die Presidensiële Ondersoektaakeenheid opgetree. Sy loopbaan het onder skoot gekom nadat […]
# Tennis: Die topgekeurde Aryna Sabalenka het maklik tot die laaste 16 van die Franse Ope deurgedring met ‘n oorwinning van 6-2, 6-3 oor Serwië se Olga Danilovic. Sabalenka het Danilovic, wat 34ste op die wêreldranglys is, in 79 minute op die Philippe Chatrier-baan uitgestof. Die 27-jarige Sabalenka speel volgende teen die Amerikaner Amanda Anisimova […]
# Die Internasionale Lugvervoervereniging, IATA, sê totale lugpassasierverkeer het op ‘n jaar grondslag sterk in April toegeneem. Die totale vraag het met agt persent gestyg, terwyl internasionale vraag met 10,8-persent toegeneem het en binnelandse aanvraag met 3,3-persent. Afrika is die streek wat die sterkste groei in passasierverkeer ondervind het, met 14,2-persent. Dit is gevolg deur […]
# Suid-Afrika sal die eerste Globale Ministeriële Vergadering vir kleinsakeondernemings in Julie aanbied. Die minister van Kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, sê die spitsberaad is gemik op die bou van globale vennootskappe wat klein ondernemings ondersteun te midde van ekonomiese herstel en handelsontwrigtings. Die minister sê die afgevaardigdes sal ‘n wêreldpadkaart vir die ondersteuning van klein en […]
# Rugby: Embrose Papier will start at scrumhalf for the Bulls in their United Rugby Championship quarter-final against Edinburgh tomorrow at Loftus in Pretoria. Keagan Johannes starts at flyhalf with Willie le Roux at fullback. Captain Ruan Nortjé is in the number 7 jersey again. Canan Moodie will be on the right wing. Director of […]