# Saoedi-Arabië gaan strenger optrede teen ongeregistreerde aanbidders tydens volgende week se hadj-pelgrimstog. Gereelde klopjagte, hommeltuigmonitering en ‘n stortvloed van tekswaarskuwings is daarop gemik om ongemagtigde besoekers in en om die heilige stad Mekka te keer. Die eenvoudige boodskap, “Geen hadj sonder ‘n permit nie”, word oor en oor herhaal in ‘n meedoënlose veldtog wat […]
# Die Streekhof in Ladysmith in KwaZulu-Natal het die voormalige DA-raadslid Michael Buthelezi tot vier keer lewenslank gevonnis plus 15-jaar tronkstraf vir die moord op sy verloofde en drie kinders in ‘n brandstigtingsvoorval in Bergville in 2023. Buthelezi is ook skuldig bevind aan die verskaffing van vals inligting aan die polisie. Die Nasionale Vervolgingsgesag se […]
# AfriForum is sterk gekant die Stad Tshwane se nuwe skoonmaakheffing en bestempel dit as dubbele belasting. Die munisipaliteit het ‘n maandelikse heffing van sowat 200-rand goedgekeur vir eiendomme wat nie hul vullisverwyderingsdiens gebruik nie. Die organisasie sê inwoners wat weens swak munisipale diens eerder privaat verwydering gekies het, word nou op ‘n onregverdige manier […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het hernude handelsspanning met China geopper en voer aan Beijing het ‘n ooreenkoms geskend om tariewe te de-eskaleer, op ‘n tydstip dat onderhandelings klaarblyklik ‘n dooiepunt bereik het. Trump se plasing op sy Truth Social-platform volg ure na die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent, gesê het handelsgesprekke met […]
# Rugby: Embrose Papier is gekies as skrumskakel vir die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Edinburgh môre op Loftus in Pretoria. Keagan Johannes begin as sy skakelmaat met Willie le Roux as heelagter. Kaptein Ruan Nortjé is weer in die nommer sewe-trui. Canan Moodie sal op die regtervleuel wees. Direkteur van Rugby, Jake White, […]
# Nelson Mandela se lyfwag en voormalige hoof van die anti-bende-eenheid, André Lincoln, is op 63-jarige ouderdom oorlede. Lincoln het byna 40 jaar in die polisie gedien en belangrike veldtogte op die Kaapse Vlakte gelei. Hy het ook in 1996 as die hoof van die Presidensiële Ondersoektaakeenheid opgetree. Sy loopbaan het onder skoot gekom nadat […]
# Tennis: Die topgekeurde Aryna Sabalenka het maklik tot die laaste 16 van die Franse Ope deurgedring met ‘n oorwinning van 6-2, 6-3 oor Serwië se Olga Danilovic. Sabalenka het Danilovic, wat 34ste op die wêreldranglys is, in 79 minute op die Philippe Chatrier-baan uitgestof. Die 27-jarige Sabalenka speel volgende teen die Amerikaner Amanda Anisimova […]
# Die Internasionale Lugvervoervereniging, IATA, sê totale lugpassasierverkeer het op ‘n jaar grondslag sterk in April toegeneem. Die totale vraag het met agt persent gestyg, terwyl internasionale vraag met 10,8-persent toegeneem het en binnelandse aanvraag met 3,3-persent. Afrika is die streek wat die sterkste groei in passasierverkeer ondervind het, met 14,2-persent. Dit is gevolg deur […]
# Suid-Afrika sal die eerste Globale Ministeriële Vergadering vir kleinsakeondernemings in Julie aanbied. Die minister van Kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, sê die spitsberaad is gemik op die bou van globale vennootskappe wat klein ondernemings ondersteun te midde van ekonomiese herstel en handelsontwrigtings. Die minister sê die afgevaardigdes sal ‘n wêreldpadkaart vir die ondersteuning van klein en […]