# Eerste minister Benjamin Netanyahu sê Israel moet homself bevry van militêre afhanklikheid van Amerika en sy eie vermoë ontwikkel om wapens te vervaardig. Amerika het sedert 2008 jaarliks sowat 62,8-miljard-rand se militêre hulp aan Israel voorsien ingevolge ‘n ooreenkoms van verstandhouding. Die tien-jaar‑ooreenkoms geld tot 2028. Netanyahu sê die strewe na militêre selfstandigheid vorm deel van ‘n breër poging om die land se langtermyn nasionale mag te versterk. Hy wil ook hê Israel moet meer gebruik maak van tegnologie en meer geslagte militêre bevelvoerders oplei.
Netanyahu sê Israel moenie meer afhanklik wees van Amerikaanse wapens nie