Skip to content

Nersa verduidelik vereistes rakende lisensies vir petroleumberging

# Die Nasionale Energierereguleerder sê hy reik geen bevestigings, lisensies, vrystellings of enige ander vorm van korrespondensie uit aan aansoekers vir groothandellisensies wat nie hul eie petroleumbergingsgeriewe ingevolge die Wet op Petroleum‑pypleidings reguleer nie. Nersa sê hy het talle versoeke van verskeie organisasies ontvang wat bevestiging van bergingslisensies wil hê. Woordvoerder, Charles Hlebela, sê die reguleerder sal slegs aansoeke oorweeg van geriewe wat binne die volgende ses maande opgerig word, en waarvoor goedgekeurde bouplanne en ander voorgeskrewe vereistes reeds ingestel is.