# Nepal se veteraan-eerste minister, KP Sharma Oli, het vandag bedank nadat jeugbetogers sy bedanking geëis het, ‘n dag ná een van die dodelikste optredes in jare waarin minstens 19 mense dood is. Die versetoptrede, wat gister begin het met eise dat die regering ‘n verbod op sosiale media ophef en korrupsie aanpak, het voortgeduur al was die toepassings weer aanlyn. Betogers het vandag die huis van die 73-jarige Oli, leier van die Kommunistiese Party, aangeval en aan die brand gesteek.
Nepal se eerste minister bedank ná jeugopstand oor verbod op sosiale media