# Die vakbond Nehawu hou vandag ’n betoging by die Uniegebou in Pretoria om die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, aan te spoor om ’n vredesooreenkoms met Rusland te onderteken. Zelensky het gister by die regeringsetel met president Cyril Ramaphosa vergader. Nehawu verwag dat die saamtrek wat om 11-uur begin, teen 2-uur verby sal wees. Motoriste moet verkeersontwrigting in Arcadia verwag. Die Tshwane Metropolisie en die polisie sal op die toneel wees om die verrigtinge dop te hou.
Nehawu hou vredes-betoging by Uniegebou