Skip to content

Nege senior polisie-offisiere geskors oor Medicare24-tender van R360-miljoen

# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig nege senior offisiere is geskors oor hulle beweerde betrokkenheid by die omstrede Medicare24-kontrak van 360-miljoen-rand in die Tshwane-distrik. Hulle sluit in die afdelingskommissaris vir Tegnologie-bestuursdienste, Edith Mavundla, en die waarnemende adjunk-nasionale kommissaris vir Ondersteuningsdienste, Lineo Nkhuoa. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die skorsings is hangende dissiplinêre en verwante ondersoeke. Die kontrak, wat in 2024 toegeken en later gekanselleer is, word ondersoek oor beweerde verkrygings-onreëlmatighede wat verbind word met die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala.