# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê die staalsektor gaan vinnig agteruit, wat ernstige kommer oor die ekonomie laat ontstaan. Die aantal werkgewers het oor die afgelope vyf jaar met 12-persent gedaal en indiensneming met 23-persent, wat beteken 110-duisend mense het hul werk verloor. Gerhard Papenfus van NEASA gee hoë lone, regeringsinmenging, hoë tariewe, misdaad, korrupsie en swak infrastruktuur die skuld. Papenfus doen ‘n beroep vir beslissende leierskap om verdere werkverliese te voorkom en die sektor te laat herleef.
NEASA waarsku staalsektor se agteruitgang dui op breër ekonomiese krisis