Skip to content

Navorsing wys Afrika het vreeslose optrede nodig om infrastruktuur-vertragings reg te stel

# ‘n Navoringsdokument van die Openbare Beleggingskorporasie sê beleidshervorming, innoverende finansiering, tegnologie-integrasie en kapasiteitsbou is noodsaaklik om die vertragings in die ontwikkeling van Afrika se infrastruktuur reg te stel. Die verslag bevind dat 80-persent van projekte doodloop voor konstruksie begin as gevolg van regulasies, befondsing, en institusionele hindernisse. Die OBK waarsku dat Afrika se jaarlikse agterstand van twee tot drie-duisend-miljard-rand dringende aandag verg. Hy beveel versnellingseenhede, digitale toerusting, en nuwe beleggingsplatforms aan om lewering te bespoedig, en om meer befondsing vir kleiner-skaal projekte met ‘n hoë impak te bekom.