# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur het ʼn omvattende operasionele plan geaktiveer ná onluste oor ongedokumenteerde migrante in dele van die land uitgebreek het. Die plan fokus op drie areas: groter sigbaarheid en vermoë om vinnig te ontplooi, intelligensie-gedrewe operasies, en geteikende operasies om misdaad te bekamp. Brandpunte soos die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap word gemonitor. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê geen omstandighede regverdig moord, vernietiging van eiendom, xenofobiese aanvalle of ander misdadige optrede nie:
NATJOINTS stel omvattende operasionele plan in te midde van betogings teen immigrasie [KLANK]
ENG DimpaneOnViolence