Skip to content

National Urban Forum stel strategieë voor vir volhoubare stede

# Die National Urban Forum het regeringsleiers, beleidmakers, stadsbeplanners, burgerlike gemeenskappe by die internasionale konferensiesentrum in Durban bymekaar gebring. Die byeenkoms is deur die Suid-Afrikaanse Plaaslike Owerheidsvereniging, in samewerking VN-Habitat en nasionale departemente gereël, en het op inklusiewe, veerkragtige, en volhoubare stede gefokus, met die klem op behuising, mobiliteit, informele nedersettings, klimaatveerkragtigheid, en groenontwikkeling. Valerie Setshedi van SALGA sê sprekers het ‘n mens-gebaseerde, aksie-benadering beklemtoon, wat mik om dialoog in tasbare strategieë te verander en Suid-Afrikaanse stede met geleenthede, demokrasie, en volhoubaarheid te bemagtig.