# Die National Freedom Party verwelkom die nasionale adjunkpolisiekommissaris vir misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, se skorsing. Dit hou vermoedelik verband met bewerings dat Sibiya ingemeng het by die werk van die KwaZulu-Natalse taakspan vir politieke moorde en probeer het om die eenheid te ontbind. Sibiya was die afgelope twee maande op verlof hangende ondersoeke na ernstige aantygings wat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, in Julie gemaak het. ʼn NFP-woordvoerder, Zithembe Mkhwanazi, sê Sibiya moet aanspreeklik gehou word:
National Freedom Party verwelkom Shadrack Sibiya se skorsing [KLANK]
ENG ZithembeonSibiya