# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die gaping tussen verwysings en vervolgings moet verstaan word teen die agtergrond van korrupsiesake se ingewikkeldheid. Die Spesiale Ondersoekeenheid het sedert 2011 vyf-duisend-944 misdaadsake na die NVG verwys, maar slegs tien-persent het tot volledige dossiere en vervolgings gelei. In Gauteng was daar sedert 2011 twee-duisend-655 verwysings wat tot 206 dossiere gelei het. Die NVG sê ondersoeke begin dikwels jare ná die vermeende wangedrag, wat dit moeilik maak om getuies op te spoor en dokumentêre en elektroniese bewyse te bekom.
NVG erken daar is gapings tussen Spesiale Ondersoekeenheid-verwysings en vervolgings