# Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika het die SAWEM-skool bekendgestel, ‘n verpligte opleidingsprogram voor die opening van Suid-Afrika se Groothandel-elektrisiteitsmark in April 2026. Die kursus het vandag in Gauteng begin en sal drie dae per maand aangebied word. Teorie en praktiese simulasies word saamgevoeg om vervaardigers, handelaars en groot verbruikers voor te berei. Keith Bowen van die onderneming sê sertifisering sal verpligtend wees en belangrike onderwerpe soos balansering, vereffenings, kredietrisikos en nakoming sal gedek word. Die skool beoog om te verseker alle markdeelnemers beskik oor die nodige vaardighede.
Nasionale Transmissiemaatskappy stel SAWEM-skool bekend om voor te berei vir 2026-elektrisiteitsmark