Skip to content

Nasionale Tesourie sê die regering het gevorder met herstel van SA se staatsfinansies

# Die Nasionale Tesourie sê die globale graderingsagentskap Standard and Poor’s se jongste vooruitsigte is ‘n bemoedigende teken dat Suid-Afrika die potensiaal het om sy ekonomiese groeikoers te verhoog en openbare skuld vinniger te verminder. S&P het die land se langtermyn buitelandse valuta-soewereine kredietgradering op ‘BB‘ en plaaslike valuta-gradering op ‘BB+‘ bevestig, wat ‘n positiewe vooruitsig handhaaf. Die direkteur-generaal van die Tesourie, Duncan Pieterse, sê die regering het vordering gemaak met die herstel van die gesondheid van Suid-Afrika se openbare finansies en sy vermoë om dit voort te sit ondanks geopolitieke omwentelinge.