Skip to content

Nasionale Raad van Provinsies aanvaar Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste

# Die Nasionale Raad van Provinsies het die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste aanvaar. Hierdie wetgewing bepaal hoe inkomste wat nasionaal ingevorder word vir die 2026/2027-boekjaar onder nasionale, provinsiale en plaaslike regering verdeel word. Die wetsontwerp is verlede maand in die Nasionale Vergadering aanvaar en na die Nasionale Raad van Provinsies se Gekose Komitee oor Bewilligings verwys vir oorweging. Die komitee sê provinsiale toekennings beloop 670,3-miljard-rand, terwyl plaaslike regerings altesaam 110,1-miljard-rand sal ontvang. Die wetsontwerp word nou na president Cyril Ramaphosa gestuur om bekragtig te word.