Skip to content

NASA se Voyager 1 word eerste mensgemaakte voorwerp wat een lig-dag van die aarde af wegbeweeg

# NASA se Voyager 1-ruimtetuig het ‘n geskiedkundige mylpaal bereik en het die eerste mensgemaakte voorwerp geword wat ‘n afstand van een ligdag vanaf die aarde afgelê het. Die ruimtetuig, wat in 1977 gelanseer is, beweeg teen ongeveer 61-duisend kilometer per uur deur die ruimte. Ondanks die spoed het dit byna 50 jaar geneem om die 25,9-miljard kilometer af te lê, die afstand wat lig in 24 uur trek. NASA sê dit neem ‘n volle dag vir ‘n radiosein wat na Voyager 1 gestuur word om die ruimtetuig te bereik, en nog 24 uur vir ‘n antwoord.