Skip to content

Namibiese parlement dring aan op wetenskaplike bewyse oor Uranium One-projek [KLANK]

# Die Namibiese parlement se staande kommittee oor Natuurlike Hulpbronne vra dat wetenskaplike bewyse die lot moet bepaal van die gestaakte Uranium One-projek naby Leonardville in Namibië. Die myn wat deur Rusland ondersteun word, onder leiding van Headspring Investments, staar vertragings, regsgedinge en vrese oor grondwaterbesoedeling in die belangrike Stamprietwaterdraer in die gesig. Die gebruik van in-situ-herwinningsmetodes het omgewingsbekommernisse veroorsaak. Die woordvoerder van Uranium One, Riaan van Rooyen, sê die wetgewers beklemtoon dat menings van onafhanklike kenners ingewin moet word voor permitte uitgereik kan word:

ENG-VanRooyenOnUranium