# Namibië het amptelik gesprekke begin met die Internasionale Atoomenergie-agentskap rakende ‘n ondersoek om ‘n kernkragaanleg te bou, wat na verwagting ten minste tien jaar sal duur. Die uitvoerende direkteur in die Ministerie van Mynwese en Energie, Ben Nangombe, sê die projek moet aan 19 belangrike infrastruktuurstandaarde voldoen, insluitend regulatoriese aangeleenthede. Die regering oorweeg ‘n reeks keuses, insluitend klein modulêre reaktors en grootskaalse aanlegte. Hy sê die projek, teen 106-miljard-rand, vorm deel van ‘n breër nasionale energiestrategie:
Namibië begin gesprekke met Atoomenergie-agentskap oor kernkragplanne [KLANK]
ENG-NangombeOnNuclear