# Die nasionale leesveldtog Nal’iBali het aantygings van seksuele aanranding teen een van sy leesveldtogpraktisyns ten sterkste veroordeel. Die beweerde slagoffer is ‘n graad-3-leerder van Braamfischerville Primary School in Gauteng. Die betrokke amptenaar is geskors en in hegtenis geneem. Die Gautengse Onderwysdepartement het sedertdien bande met Nal’iBali verbreek. Die organisasie se kinderbeskermingsbeampte, Sibongiseni Blose, het aan SABC News gesê hulle is steeds daartoe verbind om kinderregte te beskerm:
Nal’iBali bly verbind tot beskerming van kinders se regte na aantygings van seksuele aanranding [KLANK]
ENG-BloseOnNal'ibali